Noodsaaklike inligting
voor operasie

Dit het ten doel om jou van bykomende inligting oor jou voorgestelde behandeling te voorsien en jou te help om ’n ingeligte besluit te neem. Inligting wat op jou spesifieke beplande operasie betrekking het, sal bespreek word.

  • Het ek ’n keuse met betrekking tot my narkose vir my voetoperasie? +

    Jy moet jou voorkeure met die narkotiseurs bespreek.

  • Wat sal ek aan my voet dra na my operasie? +

    Ons voorsien die meeste pasiënte van ’n spesiale skoen of gips na hul voetoperasie wat die verbande sal akkommodeer.

  • Sal ek na die operasie in gips wees of van krukke gebruik moet maak? +

    Dit sal grootliks afhang van die tipe operasie wat jy gehad het. Jy sal vooraf ingelig word of krukke of gips na jou operasie vereis sal word. Jy sal deur jou fisioterapeute in die saal gewys word hoe om krukke, indien dit nodig sou wees, veilig te gebruik. Jy kan krukke van ons spreekkamers bekom.

  • Wat moet ek doen voor ek vir my operasie kom? +

    Sodra jy besluit het om ’n operasie te ondergaan, sal jy via e-pos van ’n toelatingsvorm vir die hospitaal voorsien word. Voltooi en rig dit asb. aan die adres soos verskaf of doen jou vooraftoelating by die hospitaal. ‘n Kwotasie sal per epos aan u gestuur word waarop u Magtiging moet kry vanaf u mediese fonds.

    ONTHOU ASB. OM NIKS PER MOND IN TE NEEM VANAF 24:00 DIE VORIGE AAND INDIEN JY IN DIE OGGEND GEOPEREER WORD of 07:00 IN DIE OGGEND INDIEN JY IN DIE MIDDAG GEOPEREER WORD NIE. ECOTRIN/DISPRIN/ORALE VOORBEHOEDING EN HORMOONVERVANGING MOET SEWE (7) DAE VOOR DIE PROSEDURE GESTAAK WORD.

  • Wat sal op die dag van my operasie gebeur? +

    • Jy sal met jou aankoms deur die voortoelatingsdepartement verwelkom word waar u deur ‘n portier saal toe begelei sal word.
    • Die goedkeuringsvorm sal mede-geonderteken word, en jy sal enige verdere vrae kan vra.
    • Die plek wat geopereer gaan word, sal gemerk word, en jy sal die ligging van jou operasie bevestig.
    • My fisioterapeut sal die gebruik van krukke voor en agterna verduidelik
    • Die narkotiseurs sal met jou praat oor jou narkose en algemene gesondheid.
    • Cape Gate Narkotiseurs – Dr. Morkel, Slabbert of Viljoen
    • Noordelike Narkotiseurspraktyk – Dr Peter Coetzee
    • Dr Chris Leerkamp
    • Ons sal jou gemaklik in die saal maak. Die narkotiseur sal jou in die saal kom spreek en medisyne vooraf voorskryf om enige angstigheid te beveg.
  • Wat sal na die operasie gebeur? +

      Sodra jy terug in jou kamer is, sal al die spanlede by jou inloer en seker maak dat jy gemaklik is.
    • ’n Spesiale skoen sal na die operasie oor die voet geplaas word, indien nodig.
    • Jy kan eet en drink sodra jy goed genoeg voel of wakker is, wat welkom sal wees na ‘n tydperk van vas.
    • Ons sal met jou gesels oor die operasie en enige vrae beantwoord.
    • X-strale word gewoonlik in die operasiesaal geneem, so jy sal nie daarvoor hoef te gaan nie.
    • Indien jy oornag bly, sal ons natuurlik jou verblyf so gerieflik moontlik maak en in al jou hospitaalbehoeftes voorsien.
    • Die fisioterapeut sal help om jou te mobiliseer so gou as wat dit veilig is om te doen.
    • Jy sal ontslaan word wanneer dit veilig is om te doen – dit sal afhang van hoe ingewikkeld die operasie was en van jou mobiliteit. Ons verwag dat iemand by jou sal oorbly. Jy sal natuurlik nie kan bestuur nie en ons sal jou vir jou eie veiligheid met ’n rolstoel na ’n motor neem.
  • Kan ek dieselfde dag huis toe gaan? +

    Sommige voetoperasies kan as ’n “daggeval-operasie” hanteer word, wat beteken dat jy dieselfde dag huis toe kan gaan. Dit sal afhang van hoe ingewikkeld die operasie is.

  • Wat gebeur nadat ek ontslaan is? +

    Moenie die verbande na die operasie verwyder nie. Die snyplekke sal toegewerk wees en moet vir twee weke droog gehou word. Die steke sal ongeveer 10 dae later verwyder word.

  • Wat gebeur as ek ’n probleem na my operasie ondervind? +

    Jy sal van instruksies en nuttige inligting vir na die operasie voorsien word, insluitend enige kontaknommers vir die saal. Kontak u behandelende Dr by die kamers of alternatiewelik op selfoon.

    Wanneer moet jy bekommerd wees?

    • Indien jy nie goed voel nie en koorsig is.
    • Nuwe vlaag van pyn, wat progressief is.
    • Indien jou tone blou word of jy hulle nie kan beweeg nie.
    • Skerp pyn en geskaaf onder die gips/stewel.
    • Afskeiding, nattigheid of slegte reuk onder verbande of gips.

    Dit is soms makliker indien jy gedurende die dag na ons kantoor kan terugkom indien ons ander dienste moet reël (Maandag tot Vrydag 08:00 – 17:00) Ons sal altyd probeer om jou so spoedig moontlik te help. Indien ons nie beskikbaar is nie, sal ons jou in kennis stel van ’n ander kollega (ortopediese chirurg) wat op bystand sal wees. Ons probeer alle aspekte dek deur vooruit te beplan.

  • Sal ek verlof by die werk moet neem na my operasie? +

    Jy word aangeraai om te rus na die operasie. Die hoeveelheid tyd wat vereis word, wissel na gelang van die tipe operasie en jou eie omstandighede. Jou eie omstandighede sal bepaal wanneer jy gereed voel om terug te keer werk toe. Indien jou werk kantoorgebonde is en jy jou been opgelig kan hou, behoort jy binne 7 – 14 dae te kan terugkeer werk toe. Indien jou werk baie loopwerk vereis of veeleisend is, mag jy langer van die werk af moet bly. Siekteverlofvorms vir ’n beperkte tyd sal deur die saal uitgereik word. Indien dit verleng moet word, bespreek dit asb met ons. Ons sal ’n ontslagbrief / teater verslag aan jou algemene praktisyn stuur sodat hy weet wanneer jy ons sorg verlaat het.

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4

Ons hoop dat hierdie inligting die meeste van jou vrae oor jou voorgenome operasie beantwoord het. Bespreek asb. enige bekommernisse met ons voor jy tot ’n operasie instem.