Oor Ons
Dr. Adriaan van Zyl en dr. Naas Terblanche is beide ervare ortopediese chirurge, met ’n spesiale belangstelling in voet- en enkelchirurgie.

Filosofie

Dr. Adriaan van Zyl en dr. Naas Terblanche is beide ervare ortopediese chirurge, met ’n spesiale belangstelling in voet- en enkelchirurgie.

Ons praktyk spesialiseer in die diagnose en behandeling van alle voet- en enkeltoestande.

Ons fundamentele filosofie is om omvattende voet- en enkelsorg te verskaf wat spesifiek op die behoeftes van elke individuele pasiënt gerig is.

Ons missie is om die hoogste vlak van sorg aan al ons pasiënte te verskaf en om almal met waardigheid en respek te behandel. Om pasiënte te help is die lonendste aspek van ons pasiëntgerigte praktyk.

Dis van die uiterste belang om die regte diagnose te maak en nie-operatiewe behandeling sal altyd voorkeur geniet waar moontlik (’n Operasie word as laaste uitweg gekies). Behandeling word gemik op pasiëntspesifieke behoeftes en verwagtinge, met die hoofdoel die verligting van pyn en om beweging so ver moontlik te handhaaf.

Dr. Van Zyl en Terblanche bied omvattende chirurgiese sorg vir ’n wye verskeidenheid probleme, insluitend:

  • Artritis in die voet en enkel
  • Sportbeserings, veral in die enkel
  • Frakture in die voet en enkel
  • Voetprobleme in mense met diabetes
  • Geboortemisvormdheid en ander voetprobleme in kinders
  • Hakpyn
  • Hoëbrug- en plat voete
  • Knokkels
  • Probleme met kleintoontjies

Dr. Adriaan van Zyl

CV aflaai

Dr. Naas Terblanche

CV aflaai